Hierdie is werklik groot voΓ«ls. Hulle is kragtiger gebou en het sterker snawels en kloue, as ander roofvoΓ«ls. Van snawelpunt tot by die stert, kan hul tot 'n meter lank word en tot 6-7 Kg weeg!
Hulle het ook uitsonderlik goeie sig wat toegeskryf kan word aan die groot pupille.
Geslagte lyk dieselfde met die wyfie meestal grootter as die mannetjie.
Die bene is in totaliteit met vere bedek.
Interessante gegewens na navorsing in die Kruger Wildtuin: Eerste paar weke moet die mannetjie beide die wyfie en kuiken van kos voorsien. D.i. hoofsaaklik tarentale. Later wanneer die wyfie die nes kan verlaat en help om die kuiken van kos te voorsien, is dit hoofsaaklik likkewane, diΓ© is heelwat swaarder maar die mannetjie is nie in staat om dit te dra nie!!
WΓͺreldwyd word baie spesies, weens 'n verskeidenheid van redes, as bedreig beskou.
Van die redes is die volgende:
* Hulle is vleisvreters en daarom aan die bopunt vd voedselketting. Chemiese gifstowwe, wat vrylik vir 'n groot aantal peste/plae gebruik word, beland op die ou end in hierdie voΓ«ls en veroorsaak onvrugbaarheid, swak eierdoppe of hulle dood.
* Kragpale en drade veroorsaak soms ook hul dood wanneer hul daarin vasvlieg.
* Bygelowe het tot gevolg dat liggaamsdele as "muti" gesien word.
* Daar is nog steeds mense/boere wat hierdie voΓ«ls sien as "lammervangers" en hulle dan doodskiet.
* Vernietiging van habitat.
*Besoedeling wat lei tot onvrugbaarheid asook tot swak/sagte eierdoppe.
Hulle is monogaam met wyfie groter as mannetjie.
Die uitkenning van RoofvoΓ«ls bly 'n uitdaging. Een vd redes is die verskil in voorkoms tussen die jong en volwasse voΓ«l. Waarom die verskil? RoofvoΓ«ls is baie terretoriaal en jong voΓ«ls, wat anders lyk, word nou langer verdra en versorg.
Meeste vd groot Arende lΓͺ 2 eiers wat beide uitbroei. Die oudste kuiken skop egter die jonger een uit om alleen grootgemaak te word. Toegewyde voΓ«l-entoesiaste red dikwels hierdie 2e kuiken, maak diΓ© groot, en laat hulle dan weer in die natuur vry.
Bravo!!